Prysuitdelingbeleid

PRYSUITDELING 2020

2020 se Prysuitdeling gaan ‘n ongewone prysuitdeling wees as gevolg van die onseker tye wat ons beleef.

Ons wil steeds erkenning aan ons kinders gee, maar omdat die meeste van die aktiwiteite ingekort is as gevolg van die inperking, gaan dit ‘n baie afgeskaalde prysuitdeling wees.

Aktiwiteite wat in aanmerking sal kom, sal mettertyd gekommunikeer word. Wees verseker dat ons alles in ons vermoë sal doen om die nodige erkenning aan prestasies te gee, soos dit die Rynie-gebruik is.

Finale reëlings en beleid sal later in die jaar deurgegee word soos ons meer duidelikheid kry oor die Pandemie se inperkingsreëls.

Laai gerus die Prysuitdelingsbeleid 2020 af.

Prysuitdelingsbeleid 2020