KLEREDRAG:
DOGTERS:
Somer:
* Turkoois skoolrok (wanneer ‘n dogter kniel, mag die romp nie korter as 10 cm bo die grond wees nie)
* Turkoois skoolbroekie
* Turkoois sokkies met 2 wit strepies in omslag
* VRYDAGDRAG: Ryniehemp en swart kortbroek met turkoois strepie aan die kante by leweransiers beskikbaar – tekkies of kaalvoet

Winter:
* Wit langmou hemp
* Grys V-nek skooltrui of grys V-nek ‘pullover’
* Grys langbroek of grys ‘pinafore’ met swart broekiekouse
* Grys skoolbaadjie (opsioneel)
* Slegs skool Drimac’s word toegelaat
* Slegs swart serpe en handskoene word toegelaat
* Slegs swart Ryniemusse word toegelaat

Hare:
* Slegs wit/turkoois bykomstighede
* Lang hare moet te alle tye vas wees
* Hare mag nie gebleik/gekleur word nie
* Hare wat aan die onderste deel van kraag raak moet vasgemaak word
* Kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie
* Hare mag nie in slierte in die gesig hang nie
* Kortgeknipte hare mag nie ‘spikes’-styl wees nie
* Geen jel!
Hande & Naels:
* Geen naellak word toegelaat nie
* Naels moet kort en netjies wees
Juwele:
* Geen juwele of versierings mag gedra word nie, slegs ‘n seëlring, ‘n polshorlosie of mediese plaatjies
* Dogters met gaatjies in hulle ore, mag knoppie (stud) of ‘n ringetjie dra
Skoene:
* Skoene moet met politoer skoongemaak wees
* Slegs swart skoolskoene
Algemeen:
* By oopknoophemde mag nie ‘n t-hemp uitsteek nie
* Slegs skool Drimac’s word toegelaat
* Geen sweetpakke – dis nie skooldrag nie – slegs vir sport
* Vrydag Winterdrag: turkoois gholfhemp en swart sweetpakbroek sonder enige strepe, met tekkies en skool Drimac is die enigste drag
* Korrekte Provinsiale/Nasionale klere vir sport mag slegs op ‘n Vrydag gedra word
KLEREDRAG:
SEUNS:
Somer:
* Grys kortbroek
* Wit kortmouhemp met sakwapen
* Swart skoolskoene
* Grys skoolkouse met turkoois en wit omslag (altyd opgetrek)
* VRYDAGDRAG: Ryniehemp en swart kortbroek met turkoois strepie aan die kante by leweransiers beskikbaar – met tekkies of kaalvoet
Winter:
* Wit langmouhemp (altyd ingesteek)
* Grys V-nek skooltrui of grys V-nek ‘pullover’
* Grys skoolbaadjie (opsioneel)
* Slegs skool Drimac’s word toegelaat
* Slegs swart serpe en handskoene word toegelaat
* Slegs swart Ryniemusse word toegelaat
Hare:
* Netjies kort geknip
* Hare mag nie die ore raak nie
* Die nek moet skoon geknip wees vir minstens 3cm bo die kraag
* Kuif mag nie aan wenkbroue raak nie
* Hare mag nie gebleik/gekleur word nie
* Geen jel
Skoene:
* Slegs swart skoolskoene, geen dik sole nie
* Skoene moet met politoer skoongemaak word
* Geen tekkies
Algemeen:
* By oopknoophemde mag nie ‘n t-hemp uitsteek nie
* Slegs skool Drimac’s word toegelaat
* Geen sweetpakke – dis nie skooldrag nie – slegs vir sport
* Vrydag Winterdrag: turkoois gholfhemp en swart sweetpakbroek sonder enige strepe met tekkies en skool Drimac’s is die enigste drag
* Korrekte Provinsiale/Nasionale klere vir sport mag slegs op ‘n Vrydag gedra word